As dogtertjie het hulle haar klein dokter Strauss genoem. Maar vandag in Bloemfontein het Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld, regtig 'n dokter geword. Een wat vurig is oor vroue se gesondheid.

FOTO: Juan Pinnick Photography

FOTO: Juan Pinnick Photography

"Ek was 'n proefbuisbaba en glo my passie vir gesondheid is saam met my gebore," het dr. Rolene in 'n mediaverklaring gesê.

Kroon, kansel, kleintjie en nou 'n gekwalifiseerde dokter. Ja, selfs as jong getroude en besige ma van 'n nuwe baba het sy uitstekend gevaar en 'n gemiddelde van 71% behaal!

Rolene is op 'n goeie plek, sy wil teruggee – aan haar man, seuntjie en aan vroue. Sy wil hulle leer hoe belangrik fisieke én geestelike gesondheid is. "Om te gee sit nou glans in my lewe," het sy in haar Desember-onderhoud aan SARIE gesê.

FOTO Marijke Willems

En wat is haar planne?

Rolene en haar gesin het einde November na die Paarl getrek.

1. Elke dag van haar kroningsjaar het sy dagboek gehou, en nou skryf sy 'n boek oor haar lewenslesse as Mej. Wêreld 2014. Dit verskyn binne twee jaar.

2. Binnekort wil sy haar MBA aanpak.

3. Maar eers gaan sy daarop fokus om ma te wees en aanstaande jaar praatjies oor vrouegesondheid lewer by skoonsus Ledivia Strauss se kliniek vir holistiese gesondheid, wat in April op die dorp oopmaak. Daarna sal sy haar internskap by 'n hospitaal en haar gemeenskapsjaar doen.

FOTO Juan Pinnick Photography
FOTO Juan Pinnick Photography

Lees haar volledige onderhoud met SARIE in ons Desember-uitgawe - nou te koop!

Kyk net hoe slim was Rolene op skool! Hier's haar matrieksertifikaat: