Want die Hillsiders hou konsert en dis alles vir 'n goeie saak: om geld in te samel vir die kinderhuis. Maar agter elke goeie daad wag die duiwel om dinge deurmekaar te krap.

Matrone sien onmiddellik haar kans om flikkers vir Oubaas te gooi wanneer hulle as die hoofkarakter se ouers teenoor mekaar speel . As sy nie sy hand soen nie, streel sy sy been en Hilda wil ‘n aar bars.

Maar Matrone is nie die enigste een met romanse in gedagte nie. Kim besluit dis net hier waar sy Pieter se hart gaan verower. Met  'n slenterslag bewimpel sy dit dat hulle die rolle van ‘n verliefde paartjie kry en selfs waar die teks dit nie vra nie, soen sy hom – tot Annelie se ergernis.

Wie van dié twee se plannetjies gaan werk? En gaan Hilda net terugsit en toelaat dat Matrone haar man afvry?

Hier kom duidelik 'n ding! So wat julle ook al doen, moenie 7de Laan van 24 Januarie 2012 misloop nie.