Dit is Barrymore (37) se derde huwelik, en sy's swanger met haar eersteling. Sy het glo 'n wit Chanel-rok van moeselien-en-organza met plooi-detail gedra, wat spesiaal vir haar deur Karl Lagerfeld ontwerp is. Die rok is afgerond met 'n swart satyn-belt en het fyn borduurwerk en vere op die rompgedeelte gehad. Sy het ook Chanel-juweliersware gedra.

Gaste het vooraf 'n heerlike skemerkelkie-partytjie op Barrymore se Montecito-landgoed in Kalifornië geniet voor hulle die 45 minute lange diens in 'n markiestent bygewoon het. Die Kopelmans se rabbi is vanaf New York ingevlieg om die seremonie te lei.

Die troue is ontwerp deur celeb-troubeplanners Yifat Oren en Stefanie Cove.

Die onthaal was 'n 80's-partytjie, Drew se gunsteling-era. Die bruid en bruidegom is eers 2.00 vm daar weg, en daar's nog geen woord oor die wittebrood gerep nie.

Klik vir 'n foto van Drew Barrymore en Will Kopelman.