Die hertogin van Sussex, Meghan Markle, het gister al die aandag gesteel met nie net een nie, maar drié verskynings. 

En met die een uitrusting so stylvol soos die ander tydens die geleenthede, is Meghan besig om haar mode-stempel af te druk, nes die hertogin van Cambridge, Kate Middleton. 

Gister was sy saam met haar prins Harry by ’n geleentheid waar die Britse Koninklike Lugmag (RAF) se 100ste bestaansjaar gevier is. Sy het die koppe behoorlik laat draai in ’n pikswart Dior-rok wat spesiaal vir haar ontwerp is. Prins Harry was in sy lugmaguniform.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Kort daarna het die oulike paartjie op 'n vliegtuig na Ierland geklim. Daar geland het Meghan in 'n smaraggroen rok van Givenchy te voorskyn gekom. Heel gepas, aangesien dié kleur met Ierland verbind word. Prins Harry het ewe netjies gelyk in sy pak en bypassende das.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

En die son het skaars gesak of Meghan verskyn 'n stylvolle swart rok deur Emilia Wickstead. Die rok met sy belt het haar soos 'n handskoen gepas. Harry het sjarmant in sy donkerblou pak gelyk.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

En die volgende dag? 'n Ewe elegante liggrys uitrusting deur Roland Mouret. Harry het 'n ligter pak gekies.

FOTO Getty Images/ Gallo Images