Ringo, lyk steeds in sy laat vyftigs en het nogsteeds dieselfde "alles-is-okay houding".  Hy dra nog sy kenmerkkende ringe, maar net 3 hiervan, en in sy ore.

Net voor sy 70ste verjaarsdag het Starr, sy nuuteste album, Y not, vrygestel! Dit is sy 17de solo album. Lyk my dis die jaar van gelukkige 7's vir Starr. Die speling met die letter 'Y' is interessant siende dat dit soos 'n peace sign lyk, maar ook in jou gesig vra-sê: " Hoekom nie ?" Starr het glo ook gesê dat dit vir hom 'n geskenk sal wees as al sy bewonderaars teen etenstyd 'n vredestekensal wys en hardop sê: "Vrede en Liefde". Hy beplan om vinaand, in ware ou-skool-styl, sy verjaarsdag te fier waartydens hy liedjies sal optree wat hy meer as vier dekades terug saam met die Beatles  het. Hy en sy vrou, Barbara Bach-voormalige aktrise en model,  is al amper 29 jaar getroud.

Wie is jou gunsteling Beatle gewees, en hoekom?