Kurt se pragtige vrou, wat tans swanger is met die paartjie se eersteling, het vroeër vanjaar die goeie nuus gekry dat sy haar meestersgraad in sielkunde verwerf het. Dunay en Kurt het destyds opgewonde uit Londen hieroor getwiet. Vandag ontvang sy dié graad in Potchefstroom by die Noordwes-Universiteit. Dunay het vroeg vanoggend al kripties oor die spesiale geleentheid getwiet.

'n Trotse Kurt het later dié foto van sy vrou in haar toga op Twitter gedeel.

Kyk net hoe trots lyk Dunay, met haar graad in haar hand!

FOTO: Twitter (@DUNAYNORTJE) FOTO: Twitter (@DUNAYNORTJE)

FOTO: Dunay in haar dae as model