Eers was dit Elizabeth Gilbert se persoonlike ervarings wat later 'n boek geword het. En met die gewildheid van die boek is besluit om dit in 'n draaiboek te omskep vir die fliek Eat Pray Love, waarin Julia Roberts die rol van Elizabeth vertolk. Nou is daar ook Eat, Pray, Love-parfuum deur die skoonheidshuis Fresh! Dié van julle wat al die boek gelees het, sal weet dat Eat Pray Love besonders beskrywend is. As Gilbert ‘n pizza eet, eet jy saam! Jy was al Italië, Indië en Indonesië toe saam met Gilbert. Eat, Pray en Love is nou ook drie afsonderlike parfuums. Dit is spesiaal ontwerp sodat jy al drie gesamentlik of afsonderlik kan dra! Die parfuum Eat is ‘n vars kombinasie van suurlemoen, basiliekruid, roos, karamel en vanielje-geure. Eat is natuurlik geïnspireer deur Gilbert se reis na Italië. Pray bevat wierook-, pienk peper-, jenewerbessie- en jasmyn-note. Meer speseryagtig en eksoties, geïnspireer deur haar besoek aan Indië. Love is ‘n keurige kombinasie van sandelhout, jasmyn en amberreuke. Love se tropiesevrugte-geure soos bergamot en mango is geïnspireer deur haar besoek aan die Indonesiese eiland Bali. Die fliek Eat Pray Love begin 8 Oktober by NuMetro-teaters wys. Bronne: www.refinery29.com,numetro.co.za en fresh.com

EAT, PRAY, LOVE-PARFUUM!


verpakking van die reukwater