Die akteur Eddie Redmayne (My week with Marilyn, The Theory of Everything) trou glo vandag met sy verloofde, Hannah Bagshawe (32). Só berig The Mirror.

Die paartjie, wat al twee jaar saam is, het 'n winter-sprokie-tema vir hul troue beplan wat glo vandag by Babington House naby Bath in Engeland plaasvind. Glo is 'n hele span mense ingebring om dié herehuis in 'n sprokieswêreld te verander...

Eddie het nóg goeie nuus ontvang vanjaar toe hy vir 'n Golden Globe-toekenning benoem is vir sy spel in die rol as professor Stephen Hawking in The Theory of Everything. 

By die première van dié film in Brittanje is die paartjie saam op die rooi tapyt afgeneem waar Hannah met die ring aan haar vinger gepronk het.

"The Theory Of Everything" - UK Premiere - Red Carpet Arrivals FOTO: Gallo Images/Getty Images