Hul ouer seun, Joshua, is amper drie. Hulle is baie opgewonde oor die nuweling. Hulle is 'n baie hegte gesin en Rencha (Rennie) gaan oral saam met Johan.

Johan lag en sê as hy dit kon bekostig, sou hy graag sy eie rugbyspan wou hê!

"Ek hoop dat die twee manne 'n lewe vol vreugde sal hê. Dat hulle die geleenthede sal kan hê wat ek gehad het om my drome te laat waar word," is sy wens vir sy seuntjies.

Eden het onlangs aangekondig dat hulle ná meer as 10 jaar saam nog net tot einde April gaan optree.

Hulle gaan wel volgende jaar 'n nuwe album saam opneem – dit is darem nog nie die einde van Eden nie.

Baba Raphael en ouboet Joshua

Raphael en Joshua