Die wêreld se gunsteling-prinsie is een jaar oud! En wat ’n jaar was dit nie vir die hertog en hertogin se kostelike klein George nie. Vir dié spesiale geleentheid het die koninklike familie nuwe foto's van die prinsie en sy ouers op Twitter gedeel. George is te dierbaar op dié foto's in sy dungaree met blou-en-wit strepies.

Ter viering van prins George se eerste verjaardag het die kleinding dié maand selfs die voorblad van die tydskrif Vanity Fair gehaal saam met sy ouers, prins William en Kate Middleton. Maar hy het reeds die wêreld se harte gesteel toe hy vroeër vanjaar saam met hulle deur Australië en Nieu-Seeland gereis het. william kate george In dié drie weke het die wêreld hom dopgehou terwyl George maats maak, belangrike politici ontmoet en liefdevol aan sy ma vasklou.  

Die kleinding word elke dag groter en ouliker. Ons kan nie wag om te sien hoe George, wat reeds op ’n haar na soos sy pa lyk, gaan lyk wanneer hy ouer is nie.

Daar is ook deesdae gerugte dat die prinsie binnekort ’n jonger broer of suster gaan kry, skryf E!Online. Dié stories is egter nog nie bevestig nie. Ons hoop klein George kry een van die dae ’n babasussie om mee te speel.

Die mooiste foto's van dié klein prins

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins George FOTO: Gallo Images / Getty Images Prins George FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty Images Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013
FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede week FOTO: Gallo Images / Getty Images Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede week
FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

George en sy pa, William, vroeër vanjaar FOTO: Gallo Images / Getty Images George en sy pa, William, vroeër vanjaar
FOTO: Gallo Images / Getty Images

george george