Jy't dalk die Idols-oudisies misgeloop, maar jou kans is nog lank nie verby om 'n ster te word nie. Daar's 'n splinternuwe talentkompetisie vanaf 13 Augustus op SABC2. SA's Got Talent is soortgelyk aan die Britse weergawe (wat die wêreld tans volg oor die sensasionele Susan Boyle, 'n oujongnooi van Skotland wat die gehoor met haar engelstem verbyster het). Ja, hier is ouderdom en hoe jy lyk glad nie 'n kwessie nie, en of jy nou dans, fluit speel, hula hoop of grappe vertel - jy't 'n kans! Só skryf jy in: Tel. 083 913 1120 of stuur 'n e-pos aan talent@rapidblue.com.

Die eerste prys is R250 000 en die wenner sal ook by die President's Command Performance later vanjaar optree.