Die Navi Redd-sanger Andre (Killer) van Wyk en sy vrou, René Kalmer, ’n voormalige Olimpiese marathonatleet, is swanger met hul eersteling.

Sy het die nuus aan Netwerk24 bevestig. René is 16 weke swanger. Die paartjie het verlede jaar November getrou.

FOTO Twitter : @renekalmer FOTO Twitter / @renekalmer

Hulle is nie al paartjie met babanuus nie. Die voormalige Cheetah-rugbyspeler Robert Ebersohn en sy vrou, Mariza, verwag ook húl eerste kind, en wel ’n seuntjie, het Robert op Facebook aangekondig, berig Netwerk24.

Die paartjie woon nou in Frankryk, waar Robert vir die Castres-klub rugby speel.

Foto Facebook FOTO Facebook

Lees nou

EKSKLUSIEF: Nadia Beukes se troue

Armand sê Hollywood roep!

Rooi lippe is wéér groot dié somer