Die voormalige radio-omroeper en sportkommentator en sy pragtige vrou, Sarah-Kate, het gister (Woensdag 25 September) hul tweede seun verwelkom...

Darren en Sarah-Kate het in Maart bekend gemaak dat hulle nóg 'n seuntjie verwag. Hulle was van die begin af baie opgewonde oor dié aankondiging en Darren het die goeie nuus op sy Twitter-blad bekend gemaak. Hulle het reeds 'n naam vir die nuweling gehad selfs nog voordat hulle geweet het dit gaan 'n seuntjie wees. Nuwe baba-Scott se naam is Matthew. As dit 'n dogtertjie sou wees, sou sy die naam Tallulah-Belle gekry het.

FOTO: Darren, Sarah-Kate en klein Matthew FOTO: Darren, Sarah-Kate en klein Matthew

Darren Scott en vrou verwag nóg 'n seuntjie

Die paartjie sy oudste seuntjie, Mark, is twee jaar oud. Hy is verlede jaar met 'n gewas op sy nier gediagnoseer en het chemoterapie ontvang.

Só het Darren op sy Twitter-blad 'verslag gedoen':

Darren Scott

Klik by Darren Scott se Twitterblad vir NOG FOTO'S