Hugh speel in Chappie - die nuutste fliek van die bekroonde SA regisseur Neill Blomkamp (District 9- en Elysium-faam). Dié wetenskapfiksie-film gaan oor ’n ontvoerde seun wat later deur ’n baie disfunksionele gesin aangeneem word. Maar dié seun, Chappie, is iets besonders ...

Dit is vandag Hugh se eerste dag op die Johannesburgse stel. Hy het dié foto van sy interessante haarstyl gedeel.

Hy het by dié foto geskryf: "Day 1 on Chappie! Vincent is born, rocking the mullet. Working with Neill Blomkamp in SA. This film is rad."

Die 45-jarige akteur speel een van die hoofrolle teenoor die Suid-Afrikaanse akteurs Sharlto Copley (Wikus van der Merwe van District 9) en Brandon Auret (Leon van Isidingo). Ander bekendes in dié fliek is Sigourney Weaver, Dev Patel (Slumdog Millionaire) en ook die Suid-Afrikaanse sang-duo Yolandi Vi$$er en Ninja van Die Antwoord.

Meer oor die SA skrywer en regisseur Neill Blomkamp:

Nóg ’n Hollywood-ster na SA vir Blomkamp-fliek

Hugh Jackman en Yo-Landi Vi$$er van Die antwoord gaan saam kuier?

Matt Damon kyk op na SA regisseur

5 SA celebs skitter oorsee

Oscar-nominasies – District 9 en Invictus is daar!