'n Paar bekendes het dié prentjiemooi troue tussen heuwels, berge en veldblomme bygewoon. Die gaste (en blykbaar ook 'n paar koeie) was in vervoering oor dié twee se selfgeskrewe troubeloftes aan mekaar.

Die troufees, wat vier dae lank aangehou het, was omtrent 'n prettige affêre, veral vir die bruid. Sy het twee Oscar de la Renta-rokke gehad: 'n ivoorkleurige satyn-balrok vir die seremonie en 'n blomgeborduurde kantrok vir die onthaal. Michael het 'n donkergrys pak gedra.

Kate BosworthFOTO: Die televisiepersoonlikheid Martha Stewart se maatskappy was verantwoordelik vir dié troue. Vir nóg foto's en agter-die-skerms foto's klik hier.

"Ek het nooit regtig eers met my man uitgegaan nie," het Kate aan InStyle UK gesê. "Hy het 'n paar weke voordat ons werklik 'n paartjie was vir my gesê: 'Met jóú gaan ek trou.' Ek dink hy het maar net geweet."

Kate het verlede September hul verlowing op Twitter bekend gemaak: "Dankie vir al die wonderlike verlowingswense... Ons voel regtig geseënd." Sy en haar man, Michael Polish, het mekaar in 2011 op die stel van die drama Big Sur, waarvan hy die regisseur was, ontmoet. En net daar en dan was dié twee smoorverlief - dit was glo liefde met die eerste oogopslag.