Die eerste amptelike foto van die 25-jarige Lindsay Lohan as Elizabeth Taylor wys dat sy als in haar vermoë doen om gestand te doen aan dié pragtige legende van die silwerdoek. Die fliek Liz and Dick gaan oor die passievolle verhouding tussen Liz en akteur Richard Burton, gespeel deur Grant Bowler van True Blood-faam.

Na bewering sal Lindsay 66 verskillende uitrustings in die fliek dra. Ons sien uit!