Kurt en Dunay is al sowat 3 jaar getroud en is nou gereed om hul eersteling te verwelkom. Dunay, wat onlangs haar Meestersgraad in Sielkunde voltooi het, het by die SAMA-toekennings verlede maand nog geen teken van ’n babamagie gehad nie.

Kurt het gister vir Moedersdag die eerste sonar-foto van hul eersteling op sy Facebook-blad gedeel. Dit lyk ewe of die kleinding duim wys! (Lees HIER hoe dié gebaar, wat baie op sonar-foto's waargeneem word, ’n Britse gesin se lewe merkwaardig verander het.)

FOTO:  Facebook FOTO: Facebook

Kurt het verlede week met sy aanhangers gegrap en gesê dié outjie is die eerste 4D-foto van hul eersteling.

FOTO:  Facebook FOTO: Facebook

Nóg oor Kurt en Dunay