Die bekende Afrikaanse aktrise Anna-Mart van der Merwe het pas begin skiet aan haar nuutste fliek, Dis koue kos, skat Dié fliek is gebaseer op die gelyknamige roman deur SARIE-rubriekskrywer Marita van der Vyver. Marita is een van die vervaardigers saam met onder andere die skrywer Deon Meyer. Ander bekendes in die rolverdeling is Deon Lotz, Frank Opperman, Elzabe Zietsman, Angelique Gerber, Deandre Reiners, Zonika de Vries en Riaan Visman. 

Hier is die eerste foto's op die stel van Dis koue kos, skat.

Al die foto's is geneem deur Johan Prinsloo.

Lees ook