Steve was voorheen ook in dié rol as die Hillside Times se waarnemende redakteur in die gewilde SABC2-sepie. In daardie stadium was hy en Paula verlief, maar hy moes vlug vir ’n motordiefstalsindikaat wat hom wou doodmaak.

Sedertdien het die twee mekaar nog nie weer gesien nie, en Paula het pas verloof geraak aan Altus. Maar dis waar die moeilikheid eers begin...

Brandt maak sy verskyning Donderdag, 16 Augustus 2012, wanneer hy by Paula kom aanklop vir hulp en skuiling, want hy is weer eens in die moeilikheid. Paula steek hom dan in haar losieshuiskamer weg sonder om vir enigiemand daarvan te vertel. Sy sê nie eens vir Altus nie.

Kykers sal maar moet wag en sien of die ou gevoelens tussen Paula en Brandt weer gaan opvlam. Om nie eens te vra wat Altus gaan doen as hy hiervan uitvind nie!

Steve is vanaf 16 Augustus 2012 te sien in 7de Laan op SABC2 om 18:30

Brandt in Paula se kamer. Brandt in Paula se kamer, waar hy wegkruip.