Die Afrikaanse akteur TIm Theron het gister pa geword en wys vir ons hoe lyk sy klein Sophia.

Dis 'n eersteling vir Tim en sy vrou, Juanli, en die opwinding was groot! Lees hier wat het hy vir SARIE.com net voor die geboorte gesê.

Tim, wat ook films soos Klein Karoo en Mooirivier vervaardig, het op sy Facebook-blad geskryf:

Hier is sy ... ons nuutste "produksie", en sy is die absoluut pragtigste en beste nog! Verfilming is blykbaar rondom Februarie 2014 gedoen, en sy is vandag vrygestel in 'n teater naby, wel ons. Sy gaan vir ten minste die volgende 18 jaar op "home video" in die Theron huis gesien kan word...Sophia Celeste Theron, gebore 14:35, 3.4kg, met 'n bos donker hare, sy en haar Mamma is gesond en sy is totaal en al beautiful! Wie het vir my 'n kontak vir haelgewere, landmyne, doringdraad en 'n "beartrap" of twee?

Baie geluk Tim en Juanli!

Tim Theron Juanli sophia Tim Theron Juanli sophia Tim Theron Juanli sophiaLees ook

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie - dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!