Dis die foto's waarvoor almal gewag het. Pa David met die klein Harper Seven in sy arms. Hy't aan 'n nuusbron gesê dat hy nou 'sagter' moet werk met sy eerste babadogtertjie, dit ná drie seuns. David het Saterdag op die sokkerveld uitgedraf met Harper Seven se naam, saam met die res van sy gesin s'n, op sy sokkerstewel geborduur.

People.com berig dat ’n korrespondent van die Beckhams die kwessie rondom die Seven verduidelik het:  Klein Harper Seven het 7 pond (+/- 3.2 kg) by geboorte geweeg en sy is op die 7de dag van die 7de maand, net na 07:00 die oggend, gebore.

Victoria en Harper Seven Beckham