“Ná maande se geswoeg voor die rekenaar vra ek my af of ek nie dalk my vierjarige kleinseun Tiaan se raad ter harte moes geneem het nie. Toe hy hoor ek skryf ’n boek, vra hy ewe onskuldig: 'Oupa, hoekom skryf jy ’n boek? Hoekom gaan koop jy nie een nie?'"

Ná 47 jaar in die uitsaaiwese onthul Riaan wat agter die SAUK, vandag die SABC, se kameras gebeur, en hoe hy dit regkry om ná 37 jaar steeds saans die nuus aan Suid-Afrika te bring. Hy vertel van daardie histeriese lag voor die kamera in die tagtigerjare, en hoekom hy deesdae in popmusiekvideo's saam met mooi meisies verskyn.

"Dis die ekwivalent van 'n lekker bottel wyn voor 'n kaggelvuur!" sê resensent Leon van Nierop.

Wat's Nuus sal teen R199 by alle toonaangewende boekwinkels beskikbaar wees.
Jy kan dit ook by On the Dot, 0861 668 368, bestel.