Dit sou eers Charlie Hunnam van Sons of Anarchy-faam gewees het wat die rol van Christian Grey in die langverwagte film Fifty Shades of Grey-film vertolk. Maar ná hy onttrek het, is Jamie Dornan vir dié rol gekies. En die film se vervaardigers het die eerste foto van Jamie as mnr. Grey uitgereik.

Fifty Shades of Grey is in 2011 gepubliseer en dié erotiese liefdesverhaal het vinnig baie gewild geraak. Dié rolprent van dié roman begin volgende jaar op Valentynsdag draai. Maar die filmvervaardigers het solank dié foto van Jamie Dornan as Christian Grey beskikbaar gestel.

Dié besigheidsman sit agter die stuur van ’n motor - moontlik ’n baie duur sportsmotor - en kyk met ’n intensiewe blik na die kamera.

FOTO: Focus Features FOTO: Focus Features

Dakota Johnson, speel die rol van Anastasie Steele. Dié 23-jarige aktrise is die dogter van die Miama Vice- en Nash Bridges-akteur, Don Johnson, en die aktrise Melanie Griffith.

Fifty shades of grey Jamie Dornan en Dakota Johnson

Is jy ’n aanhanger van skrywer E.L. James se boeke? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bronne: Hello! , Cinemablend.com