"Niks kan die gevoel beskryf nie. Wanneer 'n baba in jou groei, voel jy daardie nabyheid, maar om haar vir die eerste keer vas te hou ... Woorde kan dit nie beskryf nie," het Beyoncé gesê.

"Dis 'n cliché om te sê die grootste oomblik vir 'n ma is wanneer sy haar kind die eerste keer in haar arms vashou. Maar dis nou een cliché wat wáár is."

Beyoncé se man, Jay-Z, sien glo nét so daarna uit om klein Blue Ivy by die huis te verwelkom.

"Ek is so opgewonde! Vanaf die oomblik dat ek uitgevind het ek is swanger, was ons al ouers. 'n Kind is die grootste geskenk wat jy kan kry en ons is geseënd om nou hier te wees," het Beyoncé gesê.

"Dit gaan goed met ons, en ons sien daarna uit om ons dogter te wys waar sy gaan bly."

Klik by Star Magazine vir die volledige artikel