Vergeet nou maar eers van die gewone ham en pynappel (met ekstra sampioene), want vanaf April tot September kan jy 'n egte celeb-sjef-pizza by jou naaste Col'Cacchio bestel.

Ja, bekende sjefs uit Kaapstad en Johannesburg, soos Margot Janse (Le Quartier Français op Franschhoek), Mike Bassett (Myoga in Nuweland), Philippe Wagenführer (Roots Restaurant by die Forum Homini-boetiekhotel, Wieg van die Mensdom), Reuben Riffel (Reuben's, Franschhoek), Citrum Khumalo en Rudi Liebenberg, het elk 'n pizza vir hierdie liefdadigheidsprojek "ontwerp".

En nou vir die goeie nuus! Vir elke celeb-sjef-pizza wat Col'Cacchio verkoop, word R5 aan die Rooikruis-Kinderhospitaal geskenk.

Vir nog pizza-nuus, klik op hul webtuiste.