Onthou jy haar nog? Die oulike sekretaresse Tarien Naudé (Nora se dogter) van Egoli wat so diep in kykers se hart gekruip het. Ja, sy het 20 jaar gelede die Plek van Goud verlaat vir die stad van drome, waar sy nou haar loopbaan as aktrise uitleef. Christel Smith gesels uit Los Angeles met SARIE.com.

As die verlange na Suid-Afrika te veel raak, eet Christel graag Ouma-beskuit en drink ’n koppie rooibostee. "Ek kyk dan na foto's van my kinderdae of bel my beste vriendinne, Amor (Vittone), Catriona (Andrew) en Ronel (Currin)."

Uit die Egoli-dae. Van links: Cliff Simon, David Vlok, Christel Smith, Amor Vittone, Deon Coetzee, David Rees en Liana Agrette (nee Vittone sy is Amor se sussie).  FOTO Verskaf Uit die Egoli-dae. Van links: Cliff Simon, David Vlok, Christel Smith, Amor Vittone, Deon Coetzee, David Rees en Amor se sussie, Liana Agrette.
FOTO Verskaf

In die verlede sou Christel elke Sondag haar ouers bel, maar ongelukkig leef nie een meer nie. Haar pa is in 2006 oorlede en haar ma in 2015.

"Dit maak my hartseer dat ek hulle nie kan bel nie. Die meeste mense ondervind die verlies van ’n ouer maar niks berei jou voor vir daai verlies nie."

Haar twee susters, Nanja en Ilse, bly in Suid Afrika en Engeland onderskeidelik.

Maar Los Angeles is nou haar tuiste. Haar vyfjarige seuntjie, Edward, gaan hier skool en haar man, Eddie Durkin, se loopbaan as finansiële adviseur is hier gevestig.

"’n Deel van my hart sal altyd in Suid-Afrika bly. Ek mis my beste vriendinne ... ek mis hulle vreeslik. Ek wens ek was daar om hulle te kon bystaan, soos toe Amor onlangs deur so baie is. Ek wil so graag sien hoe hulle kinders grootword."

Christel Smith en klein Eddie. FOTO Verskaf Christel Smith en klein Edward. FOTO Verskaf

Christel en eddie FOTO Verskaf

Christel wil Suid-Afrika graag vir klein Edward kom wys.

"Ek en my man was in 2009 op ons wittebrood in Suid-Afrika. Ons beplan nou om ons seuntjie te vat wanneer hy sewe is, sodat hy ook Suid-Afrika kan beleef en op ’n safari gaan."

Dit gaan goed met Christel in La La Land. Sy doen stemoorklankings, was in ’n paar episodes van CSI en het ook in die komediereeks Before I Got Famous gespeel. Maar al geniet sy haar loopbaan as aktrise en die verskillende uitdagings van TV, film en teater, is haar rol as ma die belangrikste.

"Dis ook die mees rewarding rol. Ek vergaap my elke dag aan hom – die klein dingetjies wat hy sê en doen. Kinders is vir my ongelooflik. En ek wou glad nie eens kinders gehad het nie! So, ek is so bly ek het van besluit verander. My lewe voel so vol met my seuntjie daarin."

FOTO Verskaf FOTO Verskaf

FOTO Verskaf FOTO Verskaf

En haar raad vir plaaslike akteurs wat droom oor Hollywood?

"Kry jou groenkaart voor jy kom. Ek het dit gedoen. Ek sien mense wat hier land en dan met die daaglikse stres moet leef om visums te kry – so erg dat hulle nie op hulle doel kan fokus nie. Glo onwrikbaar in jou drome en werk hard."

 Lees nou

Nutsman Riaan se Amerikaanse avontuur

EERSTE FOTO’S: Die Boekklub II

Karlien se een les vir haar tweeling