Prins William was 'hartseer' dat sy ma nie sy troudag kon meemaak nie en het haar daardie dag verlede jaar ontsettend gemis."Ek het myself emosioneel voorberei sodat ek nie 'n bewerige lip sou hê nie. Ek glo sy sou ons troudag baie geniet het en dat sy ook baie trots sou gewees het op ons albei. Ek is net spyt dat sy nooit vir Kate ontmoet het nie."

Ook vir Prins Harry was dit 'n groot gemis en glo hy dat sy "heel moontlik die beste sitplek" gehad het. Hy verklap ook hoe geweldig gespanne almal was omdat daar soveel oë op hulle was. "Die hele dag is 'n bietjie van 'n waas."

Die onderhoud vorm deel van Koningin Elizabeth se diamant-jubileum wat haar 60 jaar op die troon vier.

* Kry al die details van die diamant-jubileum-hoogtepunt van 2 tot 5 Junie.

* Kyk die onderhoud hier.