Akteur Michael Douglas en sy vrou, Catherine Zeta-Jones, het weer in die publiek oor sy stryd teen keelkanker in 2010 gesels. Só berig Eonline.com.

Hy het by 'n onkologie-kongres in New York gepraat oor die feit dat hy drie keer verkeerd gediagnoseer is. Keelkanker is uiteindelik in 2010 by Douglas gediagnoseer.

"Ek is baie gelukkig om vandag hier te staan," het hy gesê.

En Catherine was dit eens.

"Ek is só dankbaar om vanoggend saam met my man hier te wees," het Catherine bygevoeg. "Ek was 'n wrak. Wanneer 'n mens met iemand getroud is wat so graag wil lewe, en veg om die verkeerde goed reg te maak, is dit moeilik. Ek was 'n wrak!" vertel sy.

Michael is sedert 2011 kankervry, en die paartjie was in 2013 vir 'n wyle uitmekaar.

Lees die volledige berig hier.

Jou lewe

Leef jy of jou maat met 'n terminale siekte saam? Is julle as paartjie onlangs saam deur 'n kankerstryd, dalk steeds? Ons Imago-terapeut, Grete Becker, beantwoord jou vrae hier.

Stuur 'n e-pos aan louann.stone@sarie.com met jou vrae. 

Lees nóg

Elize Cawood troef servikale kanker

Aangrypende foto's: 'n Jaar met kanker

Kan kos kanker keer?