Dit het drie maande se beplanning geverg. En daarna: ’n Drie-uur-lange troudiens met 120 gaste, twee strooimeisies, twee strooijonkers, ’n onthaal met tien lang tafels, 60 leerstoele, twee troukoeke en ’n bruid wat nie minder nie as ses keer by die paadjie moes afstap! En om dit alles vas te vang? Altesaam 12 uur van opnames.

Die geleentheid? Die sepietroue van Fafa Beltrame (Altus Theart) en Maryke de Villiers (Marijke van der Westhuizen) van kykNET se Getroud met Rugby.

Dis dalk die karakter Fafa se vierde troue, maar dié een was die spesiaalste nog. En met vanaand se episode kon kykers van dié sepie ook deel in dié droomtroue.

Fafa Beltrame (Altus Theart) en Maryke de Villiers ( Marijke van der Westhuizen).
FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

Geen moeite is ontsien om dié TV-troue eg te laat lyk nie. Dit is nie in ’n ateljee opgeneem nie, maar by ’n gewilde trouvenue in Johannesburg, Shepstone Gardens. Om te verseker dat die troue outentiek en smaakvol gelyk het, het die vervaardigers die top-geleentheidskoördineerder Aleit Swanepoel se hulp ingeroep. Selfs die kos was ware ‘troukos’, canapés deur die spyseniers By Word of Mouth.

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

“’n Sepietroue is ’n groot gebeurtenis omdat die karakters daagliks in die duisende kykers se huise ‘woon’ en byna soos familie is. Ons wou ons kykers laat voel dat hulle self hierdie elegante sprokiesdag bygewoon het,” sê Rudo van Heerden, publisiteitsbeampte van Getroud met Rugby.

“Die onthaalgedeelte was vir my die lekkerste om te verfilm,” sê Marijke. “Die regisseur (Hannes Muller) het ons toegelaat om ’n bietjie te improviseer op die dansvloer. En ek is mos maar lief vir dans. Ek en Altus werk lekker saam en is gemaklik genoeg met mekaar om net eenvoudig pret te hê.”

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

“Dit was die vierde keer dat Fafa trou, so die nerves het maar gebyt voor die tyd,” spot Altus. “Sal die huwelik die keer werk? Dit was ’n ongelooflike dag en ons het soveel pret op stel gehad. Wat die troue ook so spesiaal gemaak het, is die feit dat Fafa en Maryke al vanaf die eerste reeks in Getroud met Rugby verskyn en mekaar nou uiteindelik gevind het.”

Hier's nog foto's van dié sepietroue:

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

Reitz (Sean van Noordwyk) en Sasha (Anlia van Rensburg).
FOTO RDK Photography

Die Bekkers: Chrissie (Melissa Willering), Reitz (Sean van Noordwyk), Nina (Jocelyn Broderick), Gideon (David Vlok), Lorette (Ilse-Lee van Niekerk), Tommie (Arno Greeff).
FOTO RDK Photography

Festus (Louis van Niekerk) en Koekie (Rina Nienaber)
FOTO RDK Photography

Yvonne (Karin Fourie), Simon (David Louw) en Renate (Christel van den Bergh) FOTO RDK Photography

Blitz (Werner Coetser), Reitz (Sean van Noordwyk), Fafa (Altus Theart), Simon (David Louw).
FOTO RDK Photography

FOTO RDK Photography

 

Lys van verskaffers

Koördineerder - Aleit Swanepoel van The Aleit Group - Getroud Met Rugby-kunsdepartement TroukoekBella Patisserie Spyseniering - By Word of Mouth Dekor en blomme - Charlene Lubbe van Oopsie Daisy flowers FotografieRDK Photography

VenueShepstone Gardens in Johannesburg

Mansuitrustings - Daniela Nel van EuroSuit

Damesuitrustings - Mercia van der Walt van House of Superior Clothing

Trourok - Elke Beukes van Getroud Met Rugby-garderobe