Op 20 Februarie vanjaar het Kurt se plaas net buite Mookgophong (Naboomspruit) behoorlik gerock tydens sy verjaarsdagfees, Innibosveld. Hy deel 'n paar foto's met ons. (En vir dié wat dit as 'n moet op volgende jaar se kalender wil skryf, hou solank 18 en 19 Februarie 2011 oop.) So word daar op die Innibosveld-webtuiste geskryf: "As jy daar was, sou jy saamstem dat dit sommer 'n GROOT en lekker fees was! Daar is musiek gemaak tot laataand toe."

Innibosveldfees op Kurt se plaas   Innibosveldfees   Innibosveldfees

In Januarie vanjaar het Kurt die eer gehad om by die Midem-musiekfees in Cannes op te tree. Só het hy op sy sarie.com-blog daaroor geskryf: "Ek het ook by die Midem Musiekfees in Cannes, Frankryk, opgetree en dit was awesome!" Dit was 'n groot geleentheid vir die wêreld-musiekgemeenskap. Die persfotograwe het Kurt behoorlik beetgepak in Cannes.

In Cannes by die Midemfees Kurt tree op in Cannes by die Midemfees

Kurt en persfotograwe by die Midemfees

Nog fotograwe by Midem

Hy en sy verloofde, Dunay, het sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om 'n bietjie te toer. Hy deel sy spesiale vakansiefoto's van daardie toer en ander wonderlike wegbreke.

2010: Die Britse Maagde-eilande  2010: In Mexiko 
Britse Maagde-eilande in Januarie   Kurt en Dunay in Meksiko

2010: Op St Maartens-eiland

 2009: In Phuket waar die fliek The Beach verfilm is.

Kurt en Dunay op St Maartens-eiland

 In Thailand

2009: Kuier saam met apies in Phuket

2010: In die Bahamas

Kurt kuier saam met die apies in Phuket In die Bahamas

2008: Kurt voor die Notre Dame-katedraal in Parys

2008: Kurt in Venesië

Voor die Notre Dame-katedraal in Parys In Venesië

Kurt se wildplaas naby Mookgophong (Naboomspruit) is sy hartsplek.

Kurt geniet sy quadfiets   Lekker tye op sy plaas