Hoekom het jy ná jare van gospel-musiek besluit om ’n kontemporêre album te maak?
Ek wou nog altyd net sing en mense inspireer met my liedjies. Dit het my in die verlede baie gefrustreer dat sekere radiostasies nie my musiek kon of wou speel nie. Nou kan ek meer mense bereik en die mark is baie groter.

Waaroor skryf jy?
Ek skryf oor enigiets, gebeure in my lewe of goed wat in ander se lewe gebeur.

Hoekom het jy besluit om 'n sanger te word?

  • Ek wil graag sing, want ek het ’n boodskap wat ek met mense wil deel.
  • Ek hou daarvan om mense deur my boodskap te laat dink, en moontlik in nuwe rigtings te laat dink.
  • Deur liedjies te skryf, kan ek kreatief en skeppend wees.
  • Dit is vir my ongelooflik lekker om liedjies te skryf en te sing.

Vir wie is jou nuwe album?
Ek dink enigiemand kan dit geniet, dit is lekker moderne Afrikaanse musiek. Ek sing oor universele temas waarmee volwassenes en selfs skoolkinders kan identifiseer.

Gaan jy toer met die album?
Ek gaan vir seker baie optredes doen. Vir besprekings kan mense info@coleskeartists.co.za kontak.