Die album spog met oorspronklike treffers soos "Bonnie en Clyde" (deur Johan Vorster), "As jy sing" (Johan Vorster) en "Rug teen die muur" (Johan en Adolf Vorster).

Daar's ook 'n klomp goue oues soos "One last kiss", "Alone", "We belong", "Toe stop my hart", "In a moment like this" en "Lank lewe die liefde". "Country strong" en "Don’t you wanna stay" is twee van die nuwe duette.

Die album sal na verwagting in Junie 2012 beskikbaar wees.

Sien vir Jay en Lianie by Afrikaans is Groot-konsert

Op 11,12 en 13 Oktober 2012 hou Afrikaans is Groot vir die eerste keer konsert – 'n trefferparade van SA se grootste sangers, almal op een verhoog by die Moreletapark-Gemeente in Pretoria.

Met Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Lianie May, Jannie Moolman, Arno Jordaan, Corlea Botha en Jak de Priester.

Kry jou kaartjies nou by bookings.pnptickets.co.za