Zita se eerste solo-album, Skakerings van dagbreek, is September verlede jaar uitgereik – ’n titel waarin daar vir haar baie betekenis opgesluit lê. Sy, haar span en platemaatskappy, Universal Music, beplan reeds aan haar tweede album.

Sy en die ander eks-Liefling, Corlea, het ook verlede jaar saam met Marzanne de Beer die album De La Crème opgeneem, asook twee duette – een saam met die Vlaamse ster Yannick Bovy (hy word die tweede Michael Bublé genoem) en een saam met Gerrie Pretorius.

Zita se "Jy tel my op" (musiekvideo hieronder) is haar eie weergawe van "You Raise Me Up", wat die Amerikaner Josh Groban bekend gemaak het. Dié lied is op haar album Skakerings van dagbreek.