En soms ook net die lewe se snaaksighede uitwys. Oor haar eie lewe wonder sy nie meer nie. Sy wil mou juis hoor wat ander mense sê - vir háár is hierdie geselsprogram 'n sirkel wat wat voltooi word.

Genoeg van bang wees vir wat mense gaan sê, van wegsteek agter toe deure, van voorgee. Dit het borskanker gekos om Janie du Plessis tot dié besluit te bring. En dis die boodskap wat sy met haar nuwe geselsprogram wil uitdra.

Met Wat mense sê met Janie du Plessis wil sy Suid-Afrika aan die praat kry. Want praat maak skoon en heel. En hoe kan ons mekaar help as ons nie wéét nie? Janie, ons eie Oprah.

Oor haar geselsprogram ...
“Ek het altyd gewonder hoekom die vuur vroeg in my persoonlike lewe so hoog gebrand het. En toe so vinnig weer uitgebrand het. Hoekom kanker oor my pad gekom het. Ek verstaan nou. Dis hoe die lewe jou voorberei vir die werk wat jy móét doen. My belangrikste werk lê nog voor. En ek kan nie wag nie.”  - Janie du Plessis

JY KAN SAAMGESELS
Wanneer? Van 17 Julie om 21:00 op kykNET.
Wat sê jy? Jy kan direk ná elke program op sarie.com, Facebook en Twitter saampraat oor die onderwerp wat Janie bespreek het.
Het jy 'n storie? Deel jou verhaal op die gespreksforum "Wat mense sê" op sarie.com

Kyk hier na die promosie-video