Jy en jou vriendinne kan binnekort ’n testosteroonvrye aand by die "flieks" geniet - en dít in Afrikaans.

Die opwindende nuwe Afrikaanse fliek Mooirivier is die eerste plaaslike fliek wat tydens Nu Metro se gewilde Girls' Night Out-geleenthede vertoon gaan word.

Mooirivier-A2-poster_white_large

Geen hoërskoolseuns wat springmielies rondgooi of lang mans oor wie se kop jy nie kan sien nie. Dié keer geniet jy die nuwe Afrikaanse fliek tussen mense wat jou behoeftes ken - vroue nes jy.

Mooirivier is die eerste ensemble-fliek in Afrikaans. Die rolprent, met die

subtitel Liefde wen, altyd, speel oor Paastyd in Potchefstroom af.

Die 6 storielyne is die verhale van 12 mense se ontdekkingstog oor ware liefde – nie net romantiese liefde nie, maar ook die vriendskap tussen twee kinders en liefde in die gesin.

Hou SARIE.com dop en lees eerste al die nuus oor Mooirivier, wat vanaf 6 Februarie landwyd in teaters te sien is. Maar as jy dit eerste wil sien, kan jy dit reeds op 29 Januarie tydens die Girls' Night Out-geleentheid kyk!

Elke vroulike fliekganger sal dié aand ’n bederfpakkie ontvang én die wete dat sy Mooirivier kon sien voor enige man in Suid-Afrika.

mooirivier diaan lawrenson anne hirsch mooirivier tim theron anel alexander mooirivier bennie en bouwer mooirivier

Koste?

Dit gaan jou ’n gewone fliekkaartjie se prys uit die sak jaag.

Wanneer?

29 Januarie 2015 om 20:00, maar jy sal vroeër moet kom om jou bederfpakkie in te kry.

Waar:

  • Bedford (Johannesburg)
  • Clearwater (Johannesburg)
  • Emperors Palace (Johannesburg)
  • The Glen (Johannesburg)
  • Hyde Park (Johannesburg)
  • Key West (Johannesburg)
  • Menlyn Park  (Pretoria)
  • Woodlands (Pretoria)
  • Pavillion (Durban)
  • Galleria (Durban)
  • Canal Walk (Kaapstad)
  • Boardwalk (Port Elizabeth)
  • Grand West Casino (Kaapstad)
  • V&A Waterfront (Kaapstad)
  • Walmer Park (Port Elizabeth)
  • Worcester (Wes-Kaap)
  • Loch Logan (Bloemfontein)

FOTO: Danie Putter en Leandie du Randt op die stel van Mooirivier FOTO: Danie Putter en Leandie du Randt op die stel van Mooirivier

Lees nou