Ontmoet die Le Roux's, 'n Afrikaanse gesin wat stuk-stuk hul verskyning op SABC3 se Isidingo maak. En ma en dogter in dié sepie is ook ma en dogter in die werklikeid. Elize Cawood en haar dogter, Jenna Dunster (wat Terry in 7de Laan gespeel het), is Marlien en Sofia le Roux. Die gesin gaan Afrikaans met mekaar praat, 'n eerste vir Isidingo, sê Nyagunda Chauke, publisiteitsbeampte. Die sepie wil 'n groter Afrikaanse mark probeer lok en hoop om dit met die Le Roux's te doen, sê sy.
Isidingo
is bekend vir sy aktuele storielyne soos vrouemishandeling, gay-verhoudings en vigskwessies. Jy kan dit ook verwag met die nuwe karakters. Sofia sukkel byvoorbeeld met Afrikaner-skuldgevoelens weens Apartheid.
Anton Dekker speel die pa, Braam, en Stephen van Niekerk is een van die broers, Daniel.