Hulle het al 3 liedjies opgeneem en is besig met die res van die album. Benewens twee musiekvideo’s, Hou my vas en Kyk diep in my oë, kan jy ook uitsien na 'n landwye toer volgende maand.

Met rocker Nicholis, kitaarkoning Ray, popsanger MoniQue en engelstem Elizma kan jy maar weet hier kom groot dinge!