Eli-zé is gesond, weeg 3,13 kg en is volgens Elizma die beste medisyne vir die pyn van die geboorte. Elizma het dié boodskap op Facebook gedeel:

Hallo almal. So baie dankie vir al julle mooi wense en gebedjies. Eli-zé is pragtig en sterk nog aan in ICU, maar alles gaan goed. Sy is gister 13h24 gebore op 36 weke en is n gesonde 3.13kg en 48cm. Met my gaan dit goed...soos met enige operasie is my sny maar nog seer. Maar haar gesiggie en lyfie teen my bors is die beste medikasie. Ek wil al hierdie goedjies met julle deel omdat julle saam met my hierdie padjie gestap het en saam met my deur alles opgewonde was. Waardeer al julle liefde en weet net ek gee dit 10maal terug vir julle. Geniet julle naweek en wees mooi veilig. Baie blessings en liefde!!!! Xxxx

Elizma en Nico se wittebrood-foto's

Elizma en Nico, wat ’n vlieënier is, het hul eersteling eers oor twee weke verwag, maar toe die sangeres Woensdag in die hospitaal opgeneem is, het hul planne vinnig verander! Nico moes inderhaas terugkeer Suid-Afrika toe nadat hy in Botswana geland het.

Só het SARIE.com oor dié nuus berig gelewer

DINK JY ELIZMA SE KLEINDING GAAN OP HAAR MA OF PA TREK?Lewer kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Elizma en haar man, Nico

Elizma dink Nico gaan ’n goeie pa wees - dís hoekom