Eli-zé is nou maar net drie maande oud, maar het al vir baie opwinding vir nuwe ouers Elizma Theron en Nico Grobbelaar gesorg. Elizma vertel aan SARIE.com oor hoe dit met haar oogappel gaan en wat sy en pa Nico al van ouerskap geleer het.

"Sy is die vriendelikste dingetjie. Die eerste ding wat sy in die oggend doen is om te glimlag," vertel Elizma wat steeds in die wolke is oor haar eersteling, Eli-zé. "Sy gesels al lekker en brabbel saam.

Eli-zé was op 20 Mei drie maande oud en dit klink asof dit tot dusver nog net goed gaan met die nuwe ouerpaar.

FOTO:   Kikilove Photography FOTO: Kikilove Photography

Elizma geniet elke oomblik van die kleinding se ontwikkeling, en geniet dit veral om te sien hoe sy die wêreld en die dinge rondom haar vir die eerste keer ontdek.

"Nou die dag het sy vir die eerste keer haar handjie ontdek. Dit het nog so verby haar gesig gewaai en toe sien sy skielik die handjie vir die eerste keer raak. Vir ons is dit net ’n hand, maar vir haar is dit iets heeltemal nuut."

As Eli-zé vir die eerste keer ’n nuwe geluid maak, skrik sy sommer. En elkeen van hierdie oomblikke is kosbaar vir Elizma.

Eli-zé kuier op 3 weke vir die eerste keer in die studio. FOTO:   Facebook Eli-zé kuier op 3 weke vir die eerste keer in die studio.
FOTO: Facebook

En wat het Elizma in die afgelope 3 maande geleer van ouerskap? "Moenie na almal luister nie. Luister net na jou eie ma!"

Elizma reken daar is so baie boeke en mense wat vir jou raad gee, maar op die ou end kan jy nie al dié raad volg nie. Jy moet maar net onstpan en vertrou dat jou moederinstink reg is.

FOTO:   Kikilove Photography FOTO: Kikilove Photography

Kyk hier na ’n video waarin Elizma vir Eli-zé sing.

Elizma en Nico het toe Eli-zé 8 dae oud was, gietvorms van haar handjies en voetjies, asook haar ouers se hande, gemaak. Op haar Facebook-blad sê Elizma: "Dit hou vir altyd!"

Elizma, Nico en Eli-zé se hande FOTO:  Facebook Elizma, Nico en Eli-zé se hande
FOTO: Facebook

Nóg oor Elizma en Eli-zé