Talle bekendes ondersteun die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, se fiksheidsuitdaging, berig ElleUK. Ellen DeGeneresBeyoncéHugh Jackman én Nick Jonas het hul #GimmeFive-video's op sosiale media gedeel.

Dié video's is deel van Michelle se projek om mense aan te spoor om te oefen. Hier word jy aangemoedig om jou top-vyf oefeninge met ander te deel.

Michelle en Ellen wys dat dans nie net pret is nie, maar ook goeie oefening.

https://www.youtube.com/watch?v=UZO5q0B5wfw

Almal weet dat Beyoncé kan dans, maar kyk na haar top-5 oefeninge.

Celebrating the 5th anniversary of Let's Move! #GimmeFive @michelleobama

A video posted by Beyoncé (@beyonce) on

Die X-Men-akteur Hugh Jackman gebruik gewigte om sy been-oefeninge ’n ekstra hupstoot te gee.   As dit nie indrukwekkend is nie, kyk hoe Nick Jonas (van die Jonas Brothers-faam) slegs een arm vir sy opstote gebruik.

Dit is die vyfde herdenking van Michelle se Let’s Move-veldtog.

Bron: ElleUK

Lees ook