In ‘n land waar misdaad so algemeen is soos koeksisters by ‘n kerkbasaar... In ‘n land waar euwel heers, en helde net in Hollywood-flieks bestaan... In ‘n land waar mense nie meer opstaan vir wat hulle in glo nie... Het ons almal al gewens ons het Superkragte!

Albert (gespeel deur Ivan) en Peet (gespeel deur Neil Sharim), twee wannabe superhelde, sukkel al van skooldae af om in te pas. Dimensie Komieks, die een plek waar hulle tuis voel, is diep in die skuld – R100 000 diep om presies te wees. Asof dit nie erg genoeg is nie, word Dimensie deur niemand anders as hulle aardsvyand van skool, die Lex Luthor kloon, JJ van Tonder (Andrew Thompson), bedreig.

Superhelde is ‘n storie van waarheid, liefde en ontdekking... Dit sal in April 2011 by die flieks wys.

Storie deur Ivan Botha
Draaiboek deur Ivan Botha & Andrew Thompson
Vervaardig deur Danie Bester
Regie deur Stefan Nieuwoudt

Sluit aan by Superhelde se Facebook-groep

Kyk net vir Elma

 

Agter die skerms by Superhelde