Dit is vir ons geen verrassing dat Elvis Blue, wenner van Suid-Afrika se Idols 2010 en sy groot hart, ook genader is om betrokke te raak nie.

Maar Elvis dink nie so nie.

"Ek onthou toe ek 46664 vir die eerste keer gesien het, dit was 'n paar jaar terug en ek het nog gedink ek sal hoop om eendag, miskien eendag, betrokke te wees by die projek wat so 'n groot verskil maak."

Die bemarkingsbestuurder van die 46664-projek, Catri Velleman, vertel dat 46664 saam met Elvis wil fokus op bewusmaking en om geld in te samel. Behalwe vir die geld wat aan die Nelson Mandela-liefdadigheidsfondse geskenk word, sal 'n gedeelte van die geld ook aan 'n liefdadigheidsorganisasie, Life Community Services in George, wat Blue ondersteun, geskenk word Terwyl hulle die veldtog skiet, sê Elvis: "Ek is so trots om te kan sê dat ek 'n ambassedeur vir die 46664-armband kan wees, ook om self die 46664-armband te kan dra." Die projek mik om meer as R1,1 miljard oor 16 jaar in te samel deur altesaam 2,5 miljoen armbande te verkoop. Daardeur word ook sowat 4 000 werksgeleenthede geskep. Wat beteken die armband en veldtog vir hom? "Ek is baie opgewonde om deel te wees van hierdie lewensveranderende-veldtog en die verskillende dinge wat ons saam sal doen om 'n verskil te maak in mense se lewens. Ook om aan mense hoop te gee." Terloops, Danny K, wat die eerste Suid-Afrikaanse sanger was wat op Oprah Winfrey se geselsprogram verskyn het (saam met Stevie Wonder, Tina Turner, Josh Groban, en John Travolta nogals) het ook onlangs model gespeel vir 46664 (kyk hieronder). Maak seker jy koop die Januarie 2011-uitgawe van SARIE waarin hy sy geheime verklap. Die 46664-armbande kos: R69,99 vir ''MyCopper''; R220 vir ''Copper''; R250 vir ''Black Pearl''; R1,995 vir ''Silver''; R65,778 vir 18-karaat goud en R73,468 vir 24-karaat goud en R135,660 vir platinum. Koop jou 46664-armband nou en maak 'n verskil!

Agter die skerms met Mnr Blue

Elvis en sy kitaar Kyk net daai Arm(s)band
Nie sommer sonder 'n trampolien nie! Sjiek
 

Danny K vir 46664