Elvis "The King of Rock & Roll" Presley sou op 8 Januarie 2010 sy 75ste verjaardag gevier het. Ná sy dood op 16 Augustus 1977 maak die Elvis-handelsmerk steeds miljoene rande per jaar. In 2009 het dit sowat 55 miljoen dollar ingebring.

Sien 'n Elvis-tydlyn op www.elvis.com

Sy verjaardag is oor die wêreld só gevier:

  • 'n Jailhouse Rock-pop in die Barbie-reeks
  • 3 nuwe boeke is oor sy lewe geskryf (daar is reeds 50 geskryf!).
  • 'n Groot verjaardagkoek is gebak ter ere van Elvis – die geleentheid het by Graceland in Memphis plaasgevind.
  • 'n Uitstalling van nuwe Elvis-kostuums
  • 'n Fliek-marathon
  • 'n Bootreis (later vanjaar)
  • Elvis-namakers kom byeen in Parkes, Australië, vir 'n jaarlikse Elvis-fees

(Bron: The Citizen)