Sy was mal oor 'n vriend se People Tree T-hemp, asook hul etiese manier van werk. Sy't dadelik die ontwerpers genader vir 'n tiener-projek.

"In plaas daarvan om vir 'n gemeenskap-organisasie geld te gee kan jy die klere wat deur armer gemeenskappe gemaak word, koop," het Watson aan die DailyMail gesê. "Die klere is in 'n Britse styl, daarom het ons dit in 'n tipies Engelse tuin geskiet. Dis baie strawberries and cream and tennis!"

Haar wenke is om katoen-tops en T-hemprokke op te dollie met mooi serpe, en daarby 'n paar linne-items te dra. Dis perfek vir 'n somerpiekniek! Kyk deur haar nuwe People Tree-reeks

Bron: www.instyle.com