Volgens die webblad Just Jared was dit vir haar baie bevrydend toe Rodney Cutler, 'n bekende New Yorkse haarstilis, haar hare geknip het.

"Hy het my hare in sy hande gevat en my hele poniestert net so afgesny. Dit het so goed gevoel," het Emma gesê. Sy wou al vandat sy sestien jaar oud was met ander haarstyle eksperimenteer, maar omdat sy in die Harry Potter-flieks gespeel het, kon sy nie. Emma studeer aan die Browns Universiteit in New York. * Sien ook: Scarlett Johansson spog ook met 'n korter haarstyl.

* Toets ook verskillende haarstyle op jou eie foto met ons nuwe mooimaakprogram. Ons het ook vir Angelina Jolie 'n paar nuwe haarstyle met die program gekies.

Wat sê jy?

Wat dink jy van Emma Watson se nuwe haarstyl?