Sanger Emo Adams is die 'partytjiedier', Daddy Cool, in die nuutste Vodacom-advertensie - en daar kan eenvoudig nie 'n beter opvolger vir Vodacom se  Single Ladies-advertensieveldtog wees nie!

Sodra 'n partytjie futloos voorkom, word DC (Daddy Cool) ingeroep vir 'n bietjie aksie. En ja, dit als gebeur op Boney M se Daddy Cool, saam met die Bee Gees se Staying Alive sekerlik die top liedjiekeuse onder die draaiende diskobal. Die advertensieveldtog is geskep deur die agentskap Draftfcb en Amy Allais is die regisseur.

Suid-Afrika, staan gereed. Hier kom 'n Boney M / Emo Adams-inval soos min!