Nie net die teaterproduksies wat deur die jaar opgevoer word, kom in aanmerking nie, maar ook die kunstefeeste wat dit moontlik maak. Karen Meiring, kanaalhoof van kykNET, glo dat teater en televisie hand-aan-hand funksioneer, en dat dit belangrik is om erkenning te gee aandie harde werk elke jaar. Daar is drie toekennings gemaak vir lewenslange bydraes vir onder meer woordkuns, teater en musiek. Dié Fiestas is toegeken aan Verna Vels vir woordkuns, Cobus Rossouw vir teater en Stefans Grové vir musiek. Die produksie As die broek pas het geskitter en het Fiestas gewen in die kategorieë beste aanbieding, teaterontwerp, beste prestasie in ’n eenpersoonsvertoning en beste aktrise. Nicola Hanekom het Fiestas verower in die kategorieë beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering en beste regie vir haar produksie Betésda. Bobby van Jaarsveld is aangewys as die gewildste Fiesta-gasaanbieder vir 2010. Die Fiestas word Saterdag, 5 Februarie uitgesaai op kykNET om 20:30.

Die volledige lys van wenners:

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR Moenier Adams vir sy vertolking in Afrikaaps
BESTE TEATERONTWERP Marthinus Basson vir sy stelontwerp in As die broek pas
BESTE FIESTA-AANBIEDER Bobby van Jaarsveld
FIESTA VIR HAAR LEWENSBYDRAE TOT DIE AFRIKAANSE WOORDKUNS  VERNA VELS
BESTE SPEL IN ’N EENPERSOONSVERTONING Antoinette Kellermann vir haar vertolking in As die broek pas
BESTE REGIE Nicola Hanekom vir Betésda
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK James Grace vir Around the world in 60 minutes
GEWILDSTE  MUSIEKGEBEURTENIS Hatfield Karnaval
FIESTA VIR SY LEWENSBYDRAE TOT SUID-AFRIKAANSE MUSIEK AAN STEFAANS GROVÉ BESTE PRESTASIE IN ’N MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE Afrikaaps BESTE BYSPELER Theodore Jantjies vir sy vertolking in Vaselinetjie BESTE BYSPEELSTER Bettie Kemp vir haar vertolking in Dood van ’n verkoopsman FIESTA VIR SY LEWENSBYDRAE TOT DIE AFRIKAANSE TEATER AAN COBUS ROSSOUW BESTE AKTEUR André Odendaal vir sy vertolking in Magspel BESTE AKTRISE Antoinette Kellermann vir haar vertolking in As die broek pas GEWILDSTE FEES Woordfees BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE OPVOERING Nicola Hanekom vir Betésda
BESTE AANBIEDING As die broek pas