Heaven, waarin Philippa [Cate Blanchett] ’n proses van intense selfondersoek ondergaan, het ’n groot invloed op my gehad. Ek moet elke dag besluite neem en probeer altyd bewus wees van die impak wat besluite sal hê. So begin ’n ‘reis’ van moed bymekaarskraap, veral as ek moet opkom vir my regte en my intuïsie moet volg.

"In Heaven is daar ’n duidelike boodskap van geloof in jouself en wat vir jou belangrik is. Om te veg daarvoor en vrees te oorkom. Om te kan verander is belangrik, om verantwoordelikheid te aanvaar vir jouself en moeilike tye met integriteit aan te pak. Die metamorfose daarná is hemels. Mag ons nooit stagneer nie.”

*Erfsondes 5 is tot 24 Julie op SABC2 te sien.

Kyk na Wolwedans in die skemer se lokprent