Dis oor en verby! Ná 'n jaar bymekaar het Eva Longoria (36) en Penélope Cruz se broer, Eduardo (26), hul verhouding beeïndig.

Net verlede maand het die twee verliefdes hul 1ste herdenking op 'n boot in Miami gevier. Volgens 'n bron ná aan die paartjie, was dit 'n gesamentlike besluit en het Cruz in die tussentyd na sy geboorteland Spanje teruggekeer.

Penélope het juis die twee by 'n partytjie aan mekaar voorgestel en skaars 'n maand ná haar egskeiding van basketbalspeler Tony Parker het hulle as 'n paartjie in die openbaar verskyn. Hy het selfs haar naam op sy arm laat tatoeëer.