“Beslis die riller Man on Fire wat in 2004 uitgereik is met Dakota Fanning en Denzel Washington. Ek kry steeds ’n knop in my keel as ek daarna kyk. Dis ’n prent wat wys hoe ongelooflik deernisvol die menslike hart is en hoe groot sy vermoë om lief te hê. Dis ’n goeie aksiefliek, maar ek kan my ook vereenselwig met die pragtige onderliggende storielyn . . . As ek ’n pa was, sou ek my kinders ook wou beskerm soos dié pa.”